Tuis | Afrikaans Reeks | Die Hemelse Reunie Uitnodiging
Die Hemelse Reunie Uitnodiging
Vandag in ons modern samelewing, word ons as God se kinders, gebombardeer met verskeie elemente in ons samelewing. So vra ons dan, waarom maak God nie ‘n einde aan hierdie bose werêld nie? Die antwoord is eenvoudig, maar ook kompleks.
Hoe ons lewe dien as ‘n bewys of ons werklik uitsien aan ‘n einde van die bose wereld of as ons maar net saamgaan met die loop van dinge. Ons daaglikse verbinding met God is nodig om in Sy vreugde te kan voortgaan om Sy beeld uit te straal te midde van al die slegte elemente om ons.
In die laaste episode van hierdie reeks ondersoek Lr. Philip Perch hoe ons behoort om “Vreugde in die Here” uit te leef deur beginsels in die Woord van God te ondersoek en ook hoofstuk 13 van Skrede na Christus te bespreek.
TWYFEL! Dit is iets wat elkeen van ons op een of ander tyd mee geteister word, veral iemand wat die besluit neem om Jesus as sy persooonlik salig maker aanneem. ‘n Persoon wat nuut in die geloof is, het baie vra, en word gereeld geteister met onsekerheid rakende sekere Bybel onderwerpe, veral as dit kom met onderwerpe wat moeilik verstaanbaar is of selfs nie altyd ‘n antwoord het nie.
Lr. Philip Perch bespreek wat daar gedoen kan word wanneer ons Twyfel deur te kyk na hoe die Bybel moet bestudeer word om nie in Twyfel te trek dit wat God daarin openbaar nie, asook die leiding wat gegee word in Hoofstuk 12 van die boekie, Skrede na Christus.
Gemeentskap met God, is nie ‘n monoloog nie, maar ‘n dialoog. Dit wil sê, as ons werklike gemeentskap met God wil geniet, moet ons in ‘n dialoog met God verkeer. God begeer dat ons in gebed met Hom ”ons hart voor Hom uitstort “…”soos tot ‘n vriend…”
Lr. Philip Perch bespreek wat “Die Voorreg van Gebed” is deur te kyk na hoe dit uitgebeeld word in Hoofstuk 10 van Skrede na Christus en wat die Bybel ons leer rakende hierdie onderwerp.
Nou dat ons, na 7 episodes, deur verskeie beginsels beweeg het, het ons ‘n goeie begrip en insig wat die Hemelse Reunie Uitnodiging behels, maar dit beteken nog nie dat ons alles weet wat ons moet weet nie.
Ons het nodig om geestelik te groei tot “Geestelike Volwassenheid” in Christus. Ons kan nie onhanfhankilik van Jesus groei en lewe nie. Elke poging wat ons aanwend om ‘n lewe van reinheid en heiligheid te lewe sonder Jesus, sal vir ons ‘n teleerstellende ondervinding wees. Dit sal ons moedeloos los, want alles sal tervergeefs wees en sonder enige resultate. Want sonder Jesus is ons pogings ondoeldreffend.
Lr. Philip Perch bespreek wat “Geestetelike Ontwikkeling en Lewens Werk” is deur te kyk na hoe dit uitgebeeld word in Hoofstuk 8 van Skrede na Christus en wat die Bybel ons leer rakende hierdie onderwerp.
Die Hemelse Reunie Uitnodiging
- HD / SD
- 08:37:26
- Episodes Beskikbaar: 12/12
Lr. Philip Perch